Ouditiewe diskriminasie
Vind plaas wanneer u kind spesifieke klanke kan herken en hulle kan onderskei van ander klanke.
Musiekstoele
Julle het elkeen ‘n stoel nodig. Terwyl die musiek speel of een van julle ‘n drom slaan loop julle om die stoele. Sodra die musiek/drom ophou, moet julle op ‘n stoel sit. Elke rondte word daar ‘n stoel weg geneem. Die laaste persoon wat op ‘n stoel sit, wen hierdie speletjie.
Waar is die foon?
Steek u foon weg êrens in die huis terwyl hy klanke of musiek maak en laat die kinders daarvoor soek.
Raai raai wat doen ek
Maak beurte om ‘n geluid te maak en om die klank (Voorbeelde: skeur papier, gebruik ‘n steapler, hop ‘n bal, maak ‘n potlood skerp, blaai deur ‘n boek, klap hande, fluit, stamp my voete, sny ‘n papier) te identifiseer. Onthou: Julle mag nie kyk nie. Julle mag net luister.
Ouer kinders kan ook raai watse liedjie speel. Speel 'n kort gedeelte van een van u kind se gunsteling liedjies en kyk of hulle die naam of sanger ken.
Luister
Klap speletjies: klap op verskillende dele van jou lyf of voorwerpe en dui aan dat dit verskillende geluide maak. Laat die leerders so ruk sien watse item die geluid maak so 2 of 3 keer. Daarna laat die leerder weg kyk en vra wat hulle hoor.
Skryf letters of woorde op 'n witbord of stuk papier. Sê die woord of letter(sy klank) en vra die leerder om te identifiseer watse letter of woord dit is.
In 'n groep soos byvoorbeeld familie of vriende laat een persoon hulle rug draai en oë toe maak. Die ander mense staan in ry agter die persoon. Elke persoon gaan kans kry om iets vir hom/ haar te sê. Hulle moet dan raai wie met hulle praat.
Speel 'n gedeelte van liedjie of vliek en kyk hoeveel julle kan reg raai.
Soektog: Hierdie speletjie werk amper soos I spy. Steek objekte weg in die huis wat met 'n letter van die alfabet begin. Vertel vir u kind om iets te gaan soek wat met daardie letter begin. Eenvoudiger weergawe kan die naam van die voorwerp gebruik of kleure. Leerders kan ook gevra word om spefieke woorde of letters in 'n boek of hujisgenoot te soek. Maak die instruksie word verbaal gegee.
As u wil seker maak die woorde is op u kind se vlak kan u hulle spelwoorde gebruik.