Visuele diskriminasie
Visuele diskriminasie fokus op u kind se vermoë om verskille en ooreenkomste te kan sien. Goeie visuele diskriminasie vaardighede help leerders se observasie vaardighede. Dit is baie belangrik vir lees aangesien dit leerders help om verskille in letters te sien. Dit help ook leerders om makliker die vorm van letters te leer vir skryf.
Sorteer aktiwiteite
Kry u kind betrokke by die wasgoed. Laat hulle self hulle klere vou en sorteer volgens kategorieë.
Ouer kinders: sny letters of woorde uit die Huisgenoot of koerant wat leerders kan sorteer volgens assosiasie (bal en rakket) of volgens klanke (bal en bak). Knip verskillende temas uit die huisgenoot uit en bespreek ooreenkomste en verskillende met u leerder. Bv. Hoe verskil die een hemp van 'n ander een.
Laat kinders na voorwerpe kyk wat verskillende teksture het. Vra hulle hoe hulle dink die item sal voel. Daarna kan die leerder aan die voorwerpe vat en hulle sorteer.
Moedig u kind aan om jou te vertel hoekom sekere voorwerpe anders of dieselfde lyk sodat hulle die konsepte verstaan.
Copy cat Speletjies
Leerders kan kyk hoe u iets bou met lego of blokke en probeer om dieselfde te bou.
Simon says
Teken op papier en vra vir die leerder om dieselfde te doen.
Die leerder kan ook gevra word wat geteken of gebou was.
Kaart of bordspeletjies
Spot it 7+ of Spot it Junior 3+
Dominos
Bingo met prente of woorde.
Qwirkle 6+
Blink card game
Uno 7+ of UNO junior 3+
Vang 'n vis
Huisgenoot of aktiwiteitboek
Die Huisgenoot het baie keer soek die verskille werkies in.
Aktiwiteit boeke bevat 'n verskeidenheid van aktiwiteite wat aan verskillende visuele persepsie vaardigehede werk.
U kan selfs 'n paar letters skryf langs mekaar en u kind vra watter een nie pas nie. Gebruik letters wat baie dieselfde lyk bv. b en d.
Foonspeletjies
Indien u data wil spaar kan u die speletjies se data af sit. Volg hierdie aangehegde video om u te help. Wees net bewus dat sommige speletjies het data nodig om te werk en soms moet u eers 'n vlak(level) aflaai (download) voor u die data af sit.
Find the differences deur Guru Puzzle Game
Candy Crush deur King
Ball Sort Master deur Kasur Games
Bingo Abradoodle deur Abradoodle games
Domino dreams by Super-Play
Tile Match deur PlaySimple Games
Soek speletjies
Maak 2 identities kaartjies van letters of woorde en steek die een kaart weg in die huis. Vra leerders om dit te soek en dan by die paartjie te sit. Dieselfde speletjie kan gespeel word met huishoudlike items. Sny prente van voorwerpe uit 'n huisgenoot. Wys die prent vir die leerder en vra hulle om vir jou die voorwerp te bring.
Maak dit moeiliker vir ouer kinders deur die voorwerpe weg te steek in ander kamers. Byvoorbeeld: wys 'n koppie en vra vir die leerder om 'n spesifieke een te soek wat julle besit. Leerders gaan eerste in die kombuis kyk so steek dit weg in ander areas in die huis.